Geen oorlewendes in gru-ongeluk
2011-12-01 13:59
Nelspruit – Niemand het die ongeluk op die N4 buite Belfast in Mpumalanga, waarin 18 mense dood is, oorleef nie, het beamptes gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel het lyke langs die pad gelê. Teen 09:20 is 14 lyke, insluitend dié van 'n tweejarige kind, uit die taxi verwyder.
"Die lyke is onherkenbaar verkool."
Die vragmotorbestuurder is ook dood.
Die taxi was vanaf Mosambiek onderweg na Johannesburg, terwyl die vragmotor vanaf Johannesburg na Nelspruit gereis het.
Sbu Ndebele, minister van vervoer, het sy medelye aan die families van die oorledenes betuig en ook gewaarsku dat geen genade getoon sal word aan padgebruikers wat die wet verontagsaam nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter