Geen medisynetekort, sê departement
2011-07-14 17:04
Johannesburg – Ondanks die staking deur farmaseutiese en vervoerwerkers is daar nog geen tekort aan medisyne nie, het die departement van gesondheid Donderdag gesê.
"In terme van die impak op ons voorraad word die situasie oor die land heen gemonitor," het Fidel Hadebe, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.
Hadebe het gesê daar is geen rede tot kommer nie.
Werkers in die farmaseutiese- en vervoersektore het vandeesweek begin staak.
Die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood, and Allied Workers Union (Ceppwawu) het beweer dat sommige hospitale 'n tekort aan mediese voorraad ondervind.
Sizwe Pamla, woordvoerder van die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Die verpleegvakbond Denosa het gesê hy is nie bewus van die berigte nie.
"Niks het tot dusver onder my aandag gekom nie," het Asanda Fongqo, woordvoerder, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA