Geen lasbrief uit vir Malema
2011-11-03 10:05
Johannesburg – Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, kan vir eers rustig slaap – daar is geen lasbrief uit vir sy inhegtenisneming nie.
Malema het aan die Sowetan bevestig dat die Valke vroeër vandeesweek aan sy prokureurs gesê het daar is tans geen planne om hom in hegtenis te neem nie.
Die Valke ondersoek Malema vir korrupsie, geldwassery en bedrog wat verband hou met regeringstenders in Limpopo.
Malema is egter nog nie deur die Valke ondervra nie, en hy het aan die koerant gesê hy sal sy volle samewerking aan die ondersoek gee.
'n Woordvoerder van die Valke wou nie kommentaar lewer nie, maar het gesê die ondersoek duur voort.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter