Geen herverhoor vir Moodley

2012-02-01 10:22
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley se aansoek om 'n herverhoor is in die hooggeregshof in Johannesburg geweier.

Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die student Leigh Matthews se moord en menseroof en die afpersing van haar pa, Rob.

"Ek is nie oortuig dat die applikant na wense verduidelik het hoekom dit hom byna ses jaar geneem het om met hierdie aansoek vorendag te kom nie," het regter Joop Labuschagne gesê.

Labuschagne het ook daarop gewys dat Moodley in 'n verklaring skuld op die aanklagte teen hom beken het, en dat hy spesifiek gesê het dat hy nie gedwing of beïnvloed was om dit te doen nie.

Moodley het ook herhaaldelik die akkuraatheid van sy bekentenis bevestig in verskeie aansoeke om appèl teen sy vonnis.

"Die applikant se weergawe van gebeure is na my mening vergesog en onrealisties," het Labuschagne gesê.

Hy het verskeie teenstrydighede in Moodley se weergawe van gebeure uitgewys.

Familielede van Matthews het hul koppe geskud toe hulle aanhoor hoe haar moord in Moodley se nuwe weergawe beskryf word.

Moodley is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord, 15 jaar vir die ontvoering en 10 jaar vir afpersing.

Die naakte lyk van Matthews, wat by die Bond-universiteit in Sandton ontvoer is, is in Julie 2004 in die lang gras in die Walkerville Manor-gebied, suid van Johannesburg, gevind.

Hy het verlede Woensdag sy aansoek om 'n herverhoor begin en gekies om homself te verdedig.

Die waarheid is volgens Moodley dat drie dwelmsmouse hom gedreig het om by die ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van hulle, slegs bekend as Jemba, haar doodgeskiet het, het Beeld vroeër berig.

Hy het aanvanklik skuld beken, maar beweer nou hy het toe gelieg omdat brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, hom gedwing het om ’n bekentenis af te lê.

Volgens hom het Byleveld ook bewyse gemanipuleer om sy “een-man”-weergawe te staaf.

Zaais Van Zyl, staatsaanklaer, het vroeër aangevoer dat Moodley tydens die aanvanklike verhoor die geleentheid gehad het om aan die hof te sê of hy gedwing is om die bekentenis af te lê.

– Volg Nuus24 op Twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.