"Geen genade" vir 2010-misdaad nie

2010-01-24 17:37
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Suid-Afrika sal vinnig én met “geen genade” teen misdadigers en terroriste wat ’n bedreiging vir die 2010 Fifa Wêreldbeker inhou, optree,” het Nathi Mthethwa, die minister van polisie gesê.

Die land het R665 miljoen aan spesiale toerusting spandeer, insluitend militêre tegnologie.

Die land sal ’n verdere  R640 miljoen spandeer om 41 000 polisie en- sekuriteitsbeamptes vir die sokkertoernooi te ontplooi, het hy luidens ’n verklaring gesê.

“Van die spesiale toerusting sluit in helikopters, 10 waterkanonne, 110 BMW’s vir snelwegpatrollie, toerusting van skare kontroleer en doeltreffende koeëlvaste baadjies.

Sowat 300 mobiele kameras sal ook gebruik word. Daar sal vier mobiele beheersentrums ter waarde van R6 miljoen installeer word.

Dié sentrums sal toerusting bevat wat regstreekse beeldmateriaal van vliegtuie en ander kameras sal ontvang.

“Aanstellings en spesifieke opleiding vir dié mag is onderweg. Ons poog daarin om die polisiemag met 55 000 lede te vermeerder."

“Die getal polisiereserviste sal ook teen die Wêreldbekertot ’n 100 000 verdubbel het."

“So, teen die tyd wat die sokkertoernooi aanbreek sal Suid-Afrika ’n aansienlike groter en goed opgeleide polisiediens hê.”

Mthethwa het gewaarsku dat die wêreld deur terrorisme geteister word en onskuldige mense moet vir die oortreders se gedrag betaal.

"Dit sal ons nie duld nie. Ons is vir enigiets voorberei. Enige tipe gedrag, of dit nou misdaad of terrorisme is, sal vinnig en met geen genade hanteer word,” het hy gesê.

Die verklaring het algemene besonderhede wat sekuriteit gedurende die Wêreldbeker betref, ingesluit:

-Daar sal ’n spesiale polisiemag aan elke span wat aan die toernooi gaan deelneem, gegee word.

-Spesiale fokus sal aan alle toegangspunte waar die land binne gekom kan word, geskenk word.

-40 Helikopters sal ingespan word vir ekstra sekuriteit.

-Sekuriteit sal in alle gasheerstede opgeskerp word, asook roetes wat na die stede lei.

-Spesiale polisiefokus word op verblyf, hotelle, Fifa-hoofkwartiere, stadions, pretparke, restaurante en toerisme bestemmings toegepas.

“Ons plig as burgers van die land is om alle besoekers welkom te laat voel, gasvry te wees en te versorg word. Dit is waarvoor Suid-Afrikaners bekend staan en daarom is dit ons plig,” het Mthethwa gesê.

-sapa
       
   
 

Lees meer oor: 2010  |  sapd

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.