Geen finansiële hulp vir Ferreira-gesin

2011-12-23 18:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die departement van behuising het nog geen mediese rekeninge van Thomas Ferreira betaal nie, het Mongezi Mnyani, hoof van dié departement Vrydag gesê.

Ferreira, wat in 'n rehabilitasiesentrum versorg word, het 'n hoë koors ontwikkel en is omstreeks 14:00 Donderdagmiddag in die Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

"Hy het 'n hoë koors en hulle het besluit dit is beter dat hy teruggaan hospitaal toe," het Paul Ferreira, sy pa, gesê.

Thomas is op 5 November op sy motorfiets omgery deur die bloulig-voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising. Hy het erge kopbeserings opgedoen en is met swelling en bloeding op die brein in die waakeenheid van die Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

Mnyani het gesê hy moet nog met die Ferreira-gesin vergader om Thomas se mediese rekeninge te bespreek.

"Die departement is toe en ek is nie in die provinsie nie."

Mnyani het gesê hy sal vroeg volgende jaar met die gesin vergader. Hy het gesê die departement is daaraan toegewy om saam met die gesin te werk om 'n oplossing te kry.

Die koste van die rehabilitasiesentrum waarheen Thomas verlede Maandag verskuif is, beloop maandeliks R120 000.

Die gesin moet ook weekliks R3 000 betaal vir 'n ambulans om Thomas na die Life Fourways-hospitaal te neem vir X-strale en skanderings om die toestand vir sy brein en longe vir die volgende drie maande te monitor.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het toe onderneem om die tiener se mediese rekeninge te betaal.

Haar woordvoerder het Vrydag gesê die premier se toewyding aan die Ferreira-gesin staan steeds.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.