Geen einde in sig vir Ceppwawu-staking
2011-07-14 11:49
Johannesburg – Terwyl petrolpompe leeg loop en apteke se medisynevoorraad minder word, is daar nog nie op 'n datum vir samesprekings besluit nie.
Sowat 70 000 werkers verbonde aan die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers Union (Ceppwawu) het Maandag begin staak. Vakbonde eis 'n basiese salaris van R6 000 en die afskaffing van arbeidsmakelaars.
Die voortslepende staking van die petroleum- en farmaseutiese sektor kan Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë dwing.
"Werknemers begin nou die druk voel en ons hoop om die momentum te behou," het Jacob Mabena van Ceppwawu gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter
– Kliek hier om te kyk of daar petrol in jou gebied is.