Geen chemo weens staking

2010-09-06 06:31
Tweets Share Share line Print

Charlie Butterworth

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dries Liebenberg

Durban. – ’n Kankerlyer wat die laaste weke “deur hel is” weens die staatsdiensstaking, lewe in vrees oor wat van haar kind gaan word as die ergste gebeur.

“Ek kan nie ’n oog toemaak nie, want ek dink knaend wat van my 12-jarige seun gaan word as ek moet sterf.”

Só vertel Charlie Butterworth (42), ’n werklose enkelouer van Margate aan KwaZulu-Natal se suidkus.

Sy is nou halfpad deur ’n kursus van ses sessies chemoterapie nadat sy in April ’n mastektomie weens borskanker ondergaan het.

Vanweë die staking het sy meer as vyf weke laas chemoterapie ondergaan en vrees dat die kankerselle nou sal vermeerder.

’n Spesialis-onkoloog wat op voorwaarde van anonimiteit met Beeld gepraat het, het gesê die onderbreking in chemoterapie by staatshospitale kán “katastrofale gevolge” op lang termyn vir pasiënte inhou.

Al drie staatshospitale in KwaZulu-Natal – Addington- en die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban, sowel as die Grey-hospitaal in Pietermaritzburg – waar chemoterapie gelewer word, word deur die staking geraak.

Die onkoloog het gewaarsku dat hulle ’n toestroming van kankerpasiënte ná die beëindiging van die staking verwag en dat dit tot ses maande kan duur om die agterstande uit te wis.

“Op die oomblik is daar bykans slegs dokters aan diens, terwyl chemoterapie sterk steun op die bystand van verpleegsters,” het die onkoloog gesê.

“As dokters is ons gefrustreerd. Ons wil pasiënte ’n kans gee om kanker te oorwin, maar die verpleegsters is van kritieke belang en sonder hulle is ons hande gebind,” het hy gesê.

Kankerbehandeling ná die operasie om die gewas te verwyder – wat bestaan uit chemoterapie en daarna bestraling – is volgens hom net so belangrik as die operasie self.

Volgens die spesialis word die bestraling van pasiënte nie deur die staking geraak nie.

Butterworth het vertel sy het op 28 Julie laas chemoterapie ontvang.

Drie weke later was haar witbloedsel-telling te laag en moes sy ’n week wag. Die staking breek toe egter uit.

Die eerste week het ’n ontvangsdame hulle oor die foon meegedeel geen dienste word by die hospitaal gelewer nie.

’n Afspraak vir verlede week is twee keer telefonies bevestig, maar dokters het net drie pasiënte behandel en toe vir haar en nog ses ander mense weggewys.

“Hy was baie gaaf. Hy het verduidelik ’n pasiënt sal in die hospitaal opgeneem moet word as iets met die behandeling verkeerd loop en dat daar nie beskikbare beddens is nie,” het Butterworth gesê.

Sy het haar werk weens rasionalisering verloor voordat borskanker in Januarie by haar ge­diagnoseer is.

Sedertdien het sy geen inkomste nie en is van haar ma, me. Pam Adams, afhanklik.

Hospitaalpersoneel het haar aangeraai om weens die kanker vir ’n ongeskiktheidstoelae te registreer, maar weens die staking kan sy nie eens dít doen nie.

“Jy sien die polisie en soldate met hul gewere buite die hospitaal en jy bekommer jou of jy veilig gaan wees as jy drie of vier uur daar moet sit terwyl die chemoterapie toegedien word,” sê sy.

“Wat het geword van ubuntu? Waarom kan die staat nie chemoterapie by private hospitale laat doen nie?” wou ’n ontstelde Adams weet.

Volgens me. F.G. Zondi, uitvoerende hoofbeampte van die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal, is kankerpasiënte slegs op die eerste dag van die staking weggewys en word alle chemoterapie-pasiënte wat opdaag sedertdien behandel.

Nierdialise is van 24 Augustus na private hospitale uitgekontrakteer.

- Beeld

Lees meer oor: sterftes  |  kanker  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.