‘Geen bewyse dat xenofobiese geweld gaan opvlam’

2010-07-03 08:52
Tweets Share Share line Print

Die Burger

De Doorns. - Met hernude vrese dat xenofobie ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan opvlam, sluimer dié moontlikheid ook in dié dorp.

Sowat 3000 immigrante is verlede jaar in De Doorns ontheem.

Simphiwe Mayeki, die Breedevallei-munisipaliteit se areabestuurder vir De Doorns, het gister gesê daar word gereeld met die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum en maatskaplike werkers vergader en daar is “geen konkrete” bewyse dat xenofobiese geweld binnekort gaan opvlam nie.

Die munisipaliteit sukkel nog om die oorblywende Zimbabwiërs te hervestig, het Mayeki gesê. Die kamp op die sportveld is reeds amptelik gesluit, maar van die Zimbabwiërs eis R1000 vergoeding voordat hulle elders ’n heenkome soek. Aanvanklik het sowat 1000 mense in die kamp op De Doorns se sportterrein gebly. Tans is daar sowat 250.

Baie van die mense wat vroeër hier gebly het, is reeds in hul tuislande of elders in Suid-Afrika hervestig, het Mayeki gesê.

Sommige van die Zimbabwiërs wat in die kamp bly, voel egter steeds bedreig.

“In Stofland is dit nog nie veilig nie. Dit is gevaarlik. Hulle noem ons ‘makwerekwere’ en sê: ‘Hei, immigrant, gaan terug huis toe’,” het Elton Zinzo (41) gesê.

Inwoners van Stofland, waarna ’n paar Zimbabwiërs sedert November teruggekeer het, het gesê hulle glo nie daar sal ’n “bakleiery” wees nie, maar wek ook nie die indruk dat Zimbabwiërs met ope arms verwelkom sal word nie.

“Ons gaan nie weer met dié mense baklei nie, maar hulle moenie weer tussen die gemeenskap kom nie,” het Winston Malgas (37) gesê.

Michael Koopman (24) is egter bevrees as xenofobiese geweld elders uitbreek, dit ook in De Doorns kan gebeur.

“Dan is daar ’n verskoning vir baklei,” het hy gesê.

Lt.kol. Desmond van der Westhuizen, bevelvoerder van die De Doorns-polisiestasie, weet nie van enige broeiende onrus nie. “Ons monitor die situasie,” het hy gesê.

Volgens van der Westhuizen is die meeste Zimbabwiërs seisoenarbeiders en het tans nie werk nie. Dus het baie van hulle al die streek verlaat. Verlede jaar het verskeie Zimbabwiërs ook aan Die Burger gesê hulle is van plan om die streek aan die einde van die druiweseisoen te verlaat .

Die voorsitter van die Hexriviervallei Tafeldruif-vereniging, me. Elza Jordaan, is soos die meeste boere in die streek tans op vakansie en was gister onbewus van ’n plofbare situasie.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: geweld  |  xenofobie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.