Geen aksie teen hoë oor valse nommerplate
2011-09-29 10:10
Pretoria – Die Tshwane-munisipaliteit gaan nié optree teen dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, wat met vervalste nommerplate bestuur het nie.
Jaca het twee voertuie met dieselfde ongeregistreerde nommerplaat BALTY GP bestuur.
Een van die voertuie, 'n BMW Z4, is nie geregistreer nie en polisieligte is op die motor aangebring.
Jaca se verduideliking oor dié saak sal ook nie aan die publiek bekend gemaak word nie.
Jason Ngobeni, stadsbestuurder, het Maandag 'n verslag met Jaca se reaksie aan Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, oorhandig.
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die saak.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter