Gebuite kuns word skroot

2012-02-01 09:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Kunswerke ter waarde van meer as R500 000 is die afgelope jaar uit die Johannesburgse Kunsmuseum gesteel – moontlik selfs as skrootmetaal.

Hoewel die kunswerke verseker is, weier die versekeraar om te betaal aangesien daar geen bewys van inbraak is nie.

Luidens ’n geskrewe antwoord op ’n vraag van  Nonhlanhla Sifumba, DA-raadslid, op ’n metroraadsvergadering is vyf kunswerke, insluitend dié van internasionale kunstenaars, gesteel.

Die kunstenaars wie se werk voete gekry het, is Jules Dalou, Tracey Rose, Ernest Ullman, Sydney Kumalo en Romano Romanelli.

Die Dalou, genaamd Genl. Lazare Hoche, is ’n bronsbeeldhouwerk wat dateer van die laat 19de eeu.

Die 71 cm-kunswerk is Woensdag 12 Januarie uit die museum gesteel en is R250 000 werd.

Hoche was ’n Franse soldaat wat later generaal geword het.

Dalou (1838 - 1902) was ’n Franse realistiese beeldhouer wie se werk wêreldbekend is.

Romanelli (1882 - 1969) se beeldhouwerk Peter Pan, wat sowat R110 000 werd is, is ook gesteel.

Die gesteelde Kumalo-kunswerk is Mourning Woman, wat R130 000 werd is.

Rose se kunswerk sonder titel, ook ’n bronswerk, is R50 000 werd, maar het nie aan die galery behoort nie.

Chris Vondo, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling, het in ’n geskrewe antwoord gesê daar was die laaste paar jaar ’n aantal ingrypings om die mu­seum se veiligheidsmaatreëls te verbeter.

“Meer veiligheidsbeamptes is aangestel en R1 miljoen is opsy gesit vir die opgradering van kringtelevisiekameras.”

Weens ’n oponthoud met kwotasies is die kringtelevisiekameras uit die 2011-’12-begroting gesny. Daar sal in die 2012-’13-begroting voorsiening gemaak word vir die opgradering, het hy gesê.

Gordon Massie, besturende direkteur van ArtInsure in Johannesburg, het gesê kunsdiefstal neem wêreldwyd toe. In Europa word brons- en ander beeldhouwerke vir skroot gebuit.

Antoinette Murdoch, kurator van die museum, het gesê kunswerke wat gesteel word, is meestal onvervangbaar.

“Ek en my personeel werk hard om ons swakhede te verbeter en vra hulp van die publiek; geldelik en op praktiese maniere,” het Murdoch gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter 

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  kuns

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.