Gebou in Jhb brand af
2010-06-18 13:00
Johannesburg - 'n Ou verlate gebou het Vrydag in Alexandra, Johannesburg afgebrand, het 'n woordvoerder van dié stad se nooddienste gesê.
Percy Morokane het gesê plakkershutte wat in die gebou opgerig is, het omstreeks 03:30 aan die brand geslaan, waarna die gebou aan die brand geslaan het.
"Sowat 300 mense wat in die dorp in die gebou woon, is dakloos," het hy gesê.
Rampbestuur is op die toneel om 'n lys van die inwoners, glo buitelanders, saamgestel.
Brandweermanne het die brand teen 06:30 geblus.
Geen beserings is aangemeld nie.
Volg Nuus24 op Twitter
Was jy op die toneel? Stuur jou foto's aan ons.
- SAPA