Geagte pres. Zuma...

2010-02-15 07:43
Tweets Share Share line Print

Cobus Coetzee

Johannesburg - Planne word beraam om pres. Jacob Zuma vandeesweek te pak oor sy regering se gebrekkige planne om misdaad te bekamp.

Dít kom nadat hy Donderdag in sy staatsrede, sy belangrikste toespraak nóg as president, versuim het om konkrete planne bekend te maak om Suid-Afrika se grootste probleem, naamlik misdaad, te bekamp.

Slegs 2% of 120 woorde van sy toespraak van sowat ’n uur is afgestaan aan hoe sy regering misdaad vanjaar sal hokslaan.

Volgens die polisie se misdaadstatistieke maak kontakmisdaad 32,7% van alle misdaad uit.

Altesame 18 148 mense is in die jaar tot einde Maart 2009 vermoor, al het die totale getal moorde met 1,8% afgeneem.

Huisrooftogte het met meer as 27% toegeneem.

Opposisiepartye het Sondag op die vooraand van die debat oor die staatsrede in die parlement uit een mond gepraat oor hul teleurstelling omdat Zuma geen konkrete planne vir misdaadbekamping voorgelê het nie.

’n Verwagte 10 000 protesbriewe oor misdaad sal Dinsdag, kort voor Zuma se repliek op die debat, op die voorstoep van die parlement afgelaai word.

Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het Sondag gesê ’n veldtog is Vrydag van stapel gestuur om Suid-Afrikaners sover te kry om e-pos aan Zuma te stuur en die erns van misdaad in die land aan hom te benadruk.

Die e-posse sal uitgedruk en by die parlement afgelewer word.

Teen Sondagmiddag is meer as 1 400 briewe reeds gestuur.

“Die wittebrood is oor en die president gaan aangevat word oor hoekom hy net so ligtelik aan dié groot probleem geraak het,” het Dianne Kohler Barnard, DA-LP, gewaarsku. “Suid-Afrikaners is moeg vir sy manewales in sy persoonlike lewe, hulle soek duidelike oogmerke.”

Pieter Groenewald, VF+-LP, meen Zuma se uitsprake is niks nuuts nie en die uitbreiding van die polisiediens is reeds deel van die mediumtermynplan.

“Die standaard van die polisiëring moet eerder verbeter word.”

Prof. Susan Booysen, politieke ontleder van die Universiteit van die Witwatersrand, meen Zuma het in ’n kort tyd twee terugslae ervaar – toe die nuus oor sy 20ste kind gebreek het en sy staatsrede.

“Sy steunvlak onder Suid-Afrikaners het waarskynlik die afgelope week met 5% gedaal. Die regering sal dié week ernstige skadebeheer moet toepas. Zuma moes sy kop op ’n blok gesit en duidelike oogmerke aangekondig het.”

Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, wou gister weet wat meer die president dan kon sê.

“Misdaadbekamping is een van die top-vyf prioriteite van die regering. Zuma kan nie elke jaar ’n nuwe misdaadbekampingsplan aankondig nie; mense gaan sê hy is inkonsekwent.

“Net omdat hy iets nie in sy staatsrede genoem het nie, beteken dit nie die regering gee nie aandag daaraan nie.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  2010 staatsrede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.