“Gays en lesbiërs moet aanvaar word” - CGE

2009-09-25 12:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg- “Die vermoorde lesbiese sokkerspeler, Eudy Simelane, het die reg gehad om haarself te wees en haar seksuele oriëntasie moes nie die rede vir haar wrede dood gewees het nie,” het die Kommissie vir Geslagsgelykheid (CGE) Vrydag gesê.

“Simelane se dood moet as ‘n les dien vir die wat ander klassifiseer op grond van hulle geslag. Mense moet begin om mekaar te aanvaar in die samelewing,” het die CGE in ‘n verklaring gesê.

Dit kom nadat Simelane se moordenaar Dinsdag lewenslange tronkstraf ontvang het vir die moord op dié voormalige Banyana Banyana-sokkerspeler.

Die hof in Delmas het die man lewenslank gevonnis vir die moord op Simelane, 20 jaar omdat hy ‘n medepligtige was in die verkragting en ‘n verdere 15 jaar vir roof.

Simelane is verlede jaar deur ‘n groep mans aangeval en verkrag. Haar liggaam is later in veld in KwaThema gevind.

Twee ander mans is vrygespreek vir die aanval op Simelane. ‘n Vierde verdagte is reeds in Februarie tot 32 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op al die aanklagtes. Hy het later erken dat die ander mans elkeen ook ‘n rol in die voorval gespeel het.

Simelane, wat vir Banyana Banyana uitgedraf het, se seksualiteit is oorspronklik nie as ‘n motief vir die moord oorweeg nie, maar aktiviste-groepe was van mening dat dié jong sokkerster juis geteiken is as gevolg van haar seksualiteit.

Volgens Emily Craven, van die Joint Working Group-aktiviste-groep, het hulle gehoop dat al vier mans ‘n straf ontvang het, maar is hulle verlig dat die hofsaak tot ‘n einde gekom het.
 
Die CGE het ook gesê dat aanvalle teen lesbiërs en gays hulle beroof van hulle menslikheid en hulle menseregte.

–Sapa
 

Lees meer oor: gay  |  moorde  |  lesbiër  |  eudy simelane

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.