Gautrein-werkers staak
2011-12-05 10:08
Johannesburg – Gautrein-beamptes sê dit is onwaarskynlik dat die huidige loondispuut binnekort opgelos sal word.
Die staking het betogings by drie Gautrein-stasies teweeggebring
Errol Braithwaite, woordvoerder van Bombela, die konsortium wat die Gautrein bedryf, het gesê treine en busse word nie deur die stakingsaksie geraak nie.
Braithwaite het gesê die bedingingsraad vir die werkers wat geraak word sal eers aanstaande jaar vergader.
"Dit is dus onwaarskynlik dat daar vordering sal wees."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter