Gautrein-buspersoneel staak; ontwrigtings verwag
2012-01-09 17:01
Johannesburg – Die Gautrein se busdienste kan Maandagmiddag in sekere dele ontwrig word, aangesien busbestuurders dreig om te staak, het die Bombela-konsortium gesê.
“Die bestuurders dring daarop aan dat die MegaExpress-busmaatskappy hulle elke dag met vervoerdienste vanaf hul wonings na hul werk voorsien,” het Kelebogile Machaka, ‘n woordvoerder, gesê.
Volgens Machaka verloop die diens op die oomblik soos normaal.
Sy sê die bestuur van die busmaatskappy is besig om met verteenwoordigers te onderhandel.
Machaka sê die busdiens sal moontlik vanaf 18:00 ontwrig word.
Gebiede soos die Johannesburgse middestad, Kemptonpark, Fourways, Randburg, die Pretoriase middestad en Brooklyn sal waarskynlik geaffekteer word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA