Gautrein-busbestuurders staak
2011-08-08 15:21
Johannesburg – Busbestuurders wat mense na die Gautrein vervoer, het Maandag begin staak.
Volgens ‘n beampte begin die staking slegs ses dae nadat ‘n nuwe skakel tussen Johannesburg en Pretoria oopgemaak het.
“Ons het geen busse wat vanoggend (Maandagoggend) loop nie, maar die treine funksioneer soos normaal,” het Errol Braithwaite, ‘n woordvoerder vir Bombela (die maatskappy wat die Gautrein bedryf), aan AFP gesê.
Die bestuurders dring aan op ‘n vervoertoelaag, mediese fonds en ‘n salarisverhoging van R4 600 tot R5 000 per maand.
Die bestuurders het gekla dat treindrywers sowat R21 000 per maand verdien.
Volgens Braithwaite hoop Bombela dat die staking net een dag sal duur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP