Gautengse gesin se moordenaars gevonnis
2012-09-28 10:45
Johannesburg – Die vonnisoplegging van drie mans wat ‘n egpaar van Walkerville, suid van Johannesburg, en hul tienerseun vermoor het, sal in die Vereeniging-streekhof voortgesit word.
Patrick Petrus Radebe (24), Sipho Mbele (21) en Sphiwe David Motaung (20) het vroeër skuldig gepleit op aanklag van moord, verkragting en huisbraak.
Radebe was die gesin se tuinier en Mbele is die voormalige huishulp se seun. Hulle het elkeen skuldig gepleit op drie aanklagte van moord en ‘n aanklag van verkragting.
Motaung het skuld erken op aanklag van huisbraak.
Die hof het vroeër gehoor hoe die egpaar se seun, Amaro Jose Viana (13), se mond toegebind is. Hy is daarna in kookwater verdrink.
Radebe, Mbele en Motaung het gesê hulle het die seun verdrink omdat hy sy gesin se aanvallers sou kon uitken.
Viana se ma, Geraldine (46), is dood in die hoofslaapkamer aangetref. Sy is verkrag voordat sy doodgeskiet is. Haar man, Tony (50), is in die sitkamer doodgeskiet.
Die gesin se lyke is op 2 Oktober 2011 gevind nadat hulle die vorige aand beroof en vermoor is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA