Gauteng-toltariewe kry groenlig
2011-08-11 12:11
Kaapstad – Die kabinet het verminderde toltariewe vir Gauteng goedgekeur, het Jimmy Manyi, kabinetswoordvoerder, Donderdag gesê.
Motorfietsryers sal 24 c per kilometer betaal, ligte motorvoertuie 40 c, medium voertuie R1 en "langer" voertuie R2 per kilometer, het Manyi gesê.
Kwalifiserende taxi's en busse sal kwytgeskeld word.
Motoriste met elektroniese skyfies (e-tags) sal 31% afslag kry.
Alle voertuie sal ook 'n afslag ontvang afhangend van watter tyd van die dag dit is. Motorfietsryers en motoriste met ligte voertuie wat elektroniese skyfies het en gereeld die tolpad geruik sal ook afslag geniet.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA