Gauteng kry 30 nuwe skole in 2012
2011-12-09 22:54
Johannesburg – Dertig nuwe skole sal in Januarie oopmaak om
die druk van bestaande skole in Gauteng minder te maak, het die departement van
opvoeding gesê.
Die departement het met die
skoolbeheerliggaam-vereniging vergader ná ‘n hofuitspraak aangaande
skooltoelatings, het ‘n woordvoerder vir die departement, Charles Phahlane, in ‘n
verklaring gesê.
Volgens Phahlane hanteer die departement tans
verskeie versoeke van ouers wie se kinders nie in die skole van hul keuse plek
gekry het nie.
Die departement sal laat registrasies 3
Januarie hanteer.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag bevind dat dit nie die
skoolbeheerliggame in Gauteng is wat die laaste sê aangaande toelatings tot die
betrokke skole het nie.
Dit is op die ou end die departement van
opvoeding se besluit, het die hof beslis.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA