Gastehuis-eienaars in huis vermoor

2009-10-29 16:39
Tweets Share Share line Print

Sabie - Die polisie is op die spoor van twee verdagtes wat 'n bekende Laeveldse paartjie in hul huis met 'n haelgeweer doodgeskiet het.

Dié paartjie, wie se restaurant bekend is vir sy tuisgemaakte pasta, is Donderdagoggend in hul huis by die Hendriksdal-treinstasie naby Sabie vermoor.

"Die polisie het 'n reusesoektog van stapel gestuur na die twee verdagtes wat die paartjie aangeval en toe geskiet het. 'n Dubbele moordsaak en rooftog word ondersoek," het supt.  Abie Khoabane, provinsiale woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy het gesê die paartjie is met 'n haelgeweer in hul huis langs hul restaurant doodgeskiet.

"Ons probeer nog vasstel of enigiets gesteel is en ons hoop om binnekort verdagtes vas te trek," het hy gesê.

Die paartjie se name kan nie bekendgemaak word nie, omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Hulle het die voormalige stasiemeester se huis in 'n gastehuis omskep en het 'n restaurant op dieselfde perseel besit.

'n Buurman, wat anoniem wou bly, het gesê sy huishulp en nóg 'n buurman het omstreeks 07:00 vyf skote gehoor.

Toe hulle ondersoek gaan instel, het hulle die vermoorde paartjie in hul nagklere in die huis gevind.

"Die rowers het by die agterdeur uitgehardloop. Die huis is geplunder," het die buurman gesê.

– African Eye



 

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Sal defnitief my liniaal moet saamneem om 'n afmeting te maak ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.