Gastehuis-eienaar vrygespreek van moord
2012-01-17 12:01
Johannesburg – Die eienaar van ‘n gastehuis in Centurion is vrygespreek van moord nadat hy ‘n sekuriteitswag in die hand gebyt en die man as gevolg van bloedvergiftiging gesterf het, het ‘n berig Dinsdag gesê.
Olushola Talabi (42) is Maandag vrygespreek van die moord op Andrew Yusuf (40) in die Pretoria-streekhof, het Beed berig.
Dit volg nadat landdros David Makhoba beslis het dat daar geen manier was waarop Talabi kon geweet het sy bloed is giftig nie.
Daar was ook geen bewyse van voorafbeplande moord nie.
Yusuf het in 2010 gesterf weens komplikasies nadat sy organe begin ingee het toe die wond septies geword het.
Dit was ses dae nadat die twee mans mekaar aangeval het oor ‘n twis by die gastehuis.
Talabi se regspan het in die hof aangevoer dat Yusuf die een was wat aggressief opgetree het en dat Talabi homself bloot verdedig het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA