Gastehuis brand terwyl gaste slaap
2009-11-21 19:34
Johannesburg - Die polisie ondersoek 'n saak van brandstigting ná 'n gastehuis in Rustenburg aan die brand geslaan terwyl die gaste geslaap het.
Die gastehuis, wat oorkant 'n polisiekantoor geleë is, het 'n strooidak gehad en is Saterdag in puin gelê.
"Die polisie het rook by die gebou sien uitkom en ondersoek gaan instel en die gebou ontruim. Al die mense is gered en niemand is beseer nie," het sr. supt. Kebaakae Metsi, 'n polisiewoordvoerder, gesê.
– Sapa