Gaste val man erg aan toe hy kla oor geraas

2012-01-03 10:48
Tweets Share Share line Print

Mnr. Brendan Kretzmann Foto: Tom de Wet

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Welkom. – ’n Prokureur het die naweek in die hospitaal deurgebring nadat hy vroegoggend by sy vrou se gastehuis in dié stad deur twee gaste aangeval is.

Brendan Kretzmann moes tientalle inwendige en uitwendige steke aan sy kop kry nadat sy regteroor met ’n gebreekte wynglas afgekap is.

Die oor het net aan ’n velletjie gehang en sy slaap is tot op die been oopgekerf.

Kretzmann sê hy was Vrydag by ’n muurbalklub toe twee mans van Botswana daar aangekom het om blyplek vir die naweek te soek.

Die eenhede daar was gesluit en Kretzmann het hulle na sy vrou se gastehuis by hul huis verwys.

By sy tuiskoms was die mans inbespreek en het al vertrek na die geselligheid waarvoor hulle na Welkom gekom het.

Skuins voor middernag het die mans met drie vreemde vroue teruggekom. Hulle het geraas en Kretzmann is teen 02:30 uit om hulle stil te maak.

’n Woordewisseling het gevolg, waarna Kretzmann deur die mans met ’n wynglas en drankbottel aangeval is.

Die mans en twee van vroue (die derde het weggehardloop) het daarna weggejaag.

Terwyl Kretzmann se vrou, Erika, met hom na die hospitaal is, het sy ma die polisie gebel.

Die mans en vroue het toe juis by die polisiekantoor gesit om ’n klag teen Kretzmann in te dien omdat hy hulle uit die gastehuis gesit het.

Hulle is daar in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

Die twee mans, onderskeidelik 34 en 43 jaar oud, is Saterdag op borgtog van R3 000 elk vrygelaat en moet vandag in die hof verskyn.

- Beeld

Lees meer oor: aanvalle  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.