Gaddafi skiet met SA arsenaal

2011-06-19 10:33
Tweets Share Share line Print

In die videogreep vertoon ’n Libiese rebel ’n Suid-Afrikaanse skerpskuttergeweer wat van ’n Libiese regeringsoldaat afgeneem is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Hier is dit – die bewyse dat Suid-Afrikaanse skerpskuttergewere deur die veiligheidsmagte van die Libiese diktator, kol. Moeammar Gaddafi, teen sy eie mense gebruik word.

Die Suid-Afrikaanse regering weier steeds volstrek om te bevestig dat sowat 120 hoogs gesofistikeerde skerpskuttergewere van Truvelo Manufacturers in Midrand aan Libië verkoop is.

Maar in ’n video wat deur Rapport bekom is, word dié wapens deur Libiese rebelle vertoon nadat dit tydens gevegte in die stad Misrata van regeringsmagte afgeneem is.

Sowat 15 000 mense het reeds gesterf in die Libiese burgeroorlog wat vier maande gelede uitgebreek het nadat Ghaddafi betogings ten gunste van demokrasie met geweld onderdruk het. Volgens internasionale nuusberigte is burgerlikes met skerpskuttergewere doodgeskiet tydens betogings en begrafnisse.

En me. Marixie Mercado, woordvoerder van die Verenigde Nasies se agentskap vir kinders, het gesê volgens betroubare inligting word vroue en kinders gereeld deur Ghaddafi se skerpskutters as teikens uitgesonder.

Suid-Afrika se openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, oorweeg ’n DA-versoek om die land se wapenverkope van R68,9 miljoen aan Libië in Oktober 2010 te ondersoek.

Suid-Afrika se komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC) het oplaas bevestig wapentuig is aan Ghaddafi verkoop, maar weier om te sê of die skerpskuttergewere en tot 70 000 patrone daarby ingesluit was.

Benewens videogrepe waarin Libiese rebelle die Truvelo-gewere omhoog hou, is ’n soortgelyke wapen te sien in ’n Al Jazeera-nuusverslag van 29 Mei vanjaar.

Tom Wolmarans, ’n oud-polisieman wat vir die internasionale straftribunaal in Den Haag gewerk het, het aan Rapport gesê die wapens in die video’s het “sewe of agt hoogs unieke kenmerke” wat eie is aan die Truvelo. Ander wapen- en forensiese kenners het saamgestem.

In Februarie vanjaar het Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en NCACC-lid, ontken dat sy iets weet van die verkoop van die skerpskuttergewere aan Ghaddafi se regime. Jeff Radebe, NCACC-voorsitter, het later erken dat “Kategorie A-wapens” (konvensionele wapens wat menseverliese kan veroorsaak) na Libië uitgevoer is. Hy het egter gesê ten tyde van die transaksie “was daar geen getuienis… dat daar enige politieke onrus in die land sou wees nie”.

Suid-Afrikaanse wetgewing oor konvensionele wapenverkope bepaal dat handel ontoelaatbaar is met lande wat aan “onderdrukking, aggressie of terrorisme” skuldig is.

Radebe het bygevoeg daar is geen bewyse dat sterftes in Libië deur Suid-Afrikaanse wapens veroorsaak word nie.

’n Direkteur van Truvelo, Ralf Gebert, het ook geweier om oor die maatskappy se Libiese saketransaksies te praat. “Daar is prosedures in Suid-Afrika wat ons volg.

“Ons hou by die reëls en regulasies en dis dit. Ons is nie bereid om te sê ja of nee nie,” het hy die afgelope week gesê.

Maar in ’n vroeëre onderhoud – toe hy gevra is of dit eties is om wapens aan diktators te verkoop – het Gebert gesê: “Jy bestuur ’n motor, reg? Laat jy uitlaatgasse uit jou voertuig? Jy maak mense dood, jy maak die omgewing dood.

“Wie gaan jy daarvoor blameer – Mercedes of BMW? Hoe sal dit jou laat voel? Gaan jy ophou om daardie kar te ry?”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: wapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.