Gaan Wasteman appelleer óf sluit?
2010-01-17 21:58
Johannesburg – Die spertyd vir Wasteman, die land grootste afval-verwyderingsonderneming, om teen ’n bevel te appelleer, kruip al nader.
Die bevel wat die onderneming beveel dat alle operasies in Krugersdorp tot 'n stilstand moet kom, kom nadat die onderneming na bewering onwettig mediese afval gestort het.
Wasteman het tot en met 15 Februarie tyd om ‘n kennisgewing vir die toemaak van dié verasser in Krugersdorp uit te reik, het Albi Modise, ‘n woordvoerder vir die departement van omgewingsake aan Sapa gesê.
Die onderneming kan egter voor dié tyd teen die bevel appelleer.
"Hulle het alle reg om dit te doen.”
Die departement is egter nog nie in kennis gestel oor of die onderneming wel gaan appelleer nie.
Vincent Charnley, die voorsitter van Wasteman, het homself in November 2009 tydelik as hoof van Suider-Afrikaanse instituut vir afvalbestuur (IWMSA) onttrek.
Wasteman word tans vir korrupsie en bedrog ondersoek. Die maksimum vonnis vir die onwettige strooi van mediese afval, is óf ‘n boete van R10 miljoen, óf 10-jaar lange tronkstraf, of beide.
Inspekteurs was Sondag steeds besig met die ontrafeling van omstandighede rondom die onwettige storting van mediese afval in Welkom, het Modise gesê.
Verdere inligting oor die kwessie sal later dié week bekendgestel word.
- Sapa