GPS keer kaper se koeël

2010-06-23 06:21
Tweets Share Share line Print

JJ Strydom van Rietfontein in Pretoria wys waar ’n motorkaper se koeël sy GPS getref het voordat dit deur die windskerm is. (Wayne Coetzee)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Virginia Keppler

Johannesburg - 'n Man van Rietfontein in Pretoria het Maandagrmiddag ’n kopskoot vrygespring toe hy ’n kaper se pistool weggeklap en met sy bakkie weggejaag het.

Die skoot het afgegaan en die koeël wat waarskynlik vir JJ Strydom (30) se kop bestem was, het eers sy GPS getref voordat dit deur die dubbelkajuit- Ford Ranger se voorruit is.

Hy het daarna onder ’n koeëlreën uit Mamelodi, in die ooste van Pretoria, weggejaag sodat hy nie “flenters” geskiet word nie.

Strydom was in Mamelodi om ’n voertuig te gaan waardeer toe die voorval omstreeks 14:30 gebeur het. Hy het vertel hy het iewers in die ooste van dié woonbuurt by ’n stopteken stilgehou toe hy aangeval is.

“My bakkie se venster was oop en die volgende oomblik het iemand ’n pistool teen my kop gedruk en my deur probeer oopmaak. Ek het eers my hande in die lug gehou, maar toe hy nog met die deur peuter, het ek sy hand met die wapen van my af weggeklap waarna ’n skoot afgegaan het.

“Ek het my bakkie gelukkig in eerste rat gehad en kon onmiddellik wegjaag. Nog skote het agter my geklap, maar ek het net aanhou ry totdat ek op die ou Cullinan-pad, oos van Pretoria, uitgekom het.

“Daar het ek gesien nog twee koeëls het my bakkie getref – teen die regteragterdeur en deur die bakflap,” het Strydom gesê.

Hy het daarna reguit huis toe gery en het gister eers ’n klag by die Moot-polisiekantoor aanhangig gaan maak.

“Ek het groot geskrik. Ek is net bly ek is oukei.”

Dit is nie die eerste keer dat hy onder motorkapers deurloop nie.

“In 2004 is ek in Mamelodi gekaap en die kapers het my met ’n geweer agter die kop geslaan voordat hulle my selfoon, gordel, horlosie, al my persoonlike besittings en my motor gesteel het. Hulle het my daarna tussen plakkershutte in Mamelodi afgelaai.”

Sy pa, Johan Strydom sr. (64), is vier maande gelede in Nelspruit oor die kop geslaan en gekaap. Die polisie het die voertuig kort daarna teruggekry.

Strydom jr. se broer, Jaco (32), is verlede Oktober in Hatfield gekaap. “Hulle het hom ook gedwing om geld uit sy rekening te trek en met hom in die kattebak rondgery voordat hulle hom uitgegooi het en met sy BMW verdwyn het.”

Die polisie ondersoek volgens sers. Lynnette Erasmus, woordvoerder, ’n klag van poging tot motorkaping. 

- Beeld

Lees meer oor: kapings  |  misdaad  |  skietery

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.