Fred van der Vyver wen siviele eis teen polisie
2011-08-15 10:16
Kaapstad – Fred van der Vyver het Maandag sy siviele eis teen die minister van polisie in die Wes-Kaapse hooggeregshof gewen, het Carryn-Ann Nel, hofverslaggewer van Die Burger, uit die hof getweet.
Regter Anton Veldhuizen het uitspraak gelewer in die saak.
Van der Vyver dagvaar die minister vir sowat R46 miljoen vir kwaadwillige vervolging nadat hy in 2007 onskuldig bevind is aan moord op sy meisie, Inge Lotz, het Die Burger vroeër berig.
Lotz is op 16 Maart 2005 vermoor.
Van der Vyver het in sy eis aangevoer hy is oortuig die polisie het hom “onregmatig vervolg” en dat daar polisiebeamptes was wat “doelgerig en kwaadwillig” sy vervolging aangehits het.
Hy eis altesame R46 101 888 vir onder meer algemene pyn, lyding, verlies aan inkomste, regskoste, vergoeding van deskundiges en ander uitgawes.
– Volg Nuus24 op Twitter