Fred ís kwaadwillig vervolg

2011-08-16 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Voormalige polisiekaptein se oneerlikheid in die getuiebank ná die moord op Inge Lotz het die staat se saak ’n gevoelige knou toegedien.

Regter Anton Veldhuizen het Maandag sonder om doekies om te draai gesê Bruce Bartholomew was nie ’n eerlike getuie nie. “Hierdie getuie se mening is in alle opsigte nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.”

Meer as ses jaar ná die moord op Lotz het haar eertydse kêrel, Fred Van der Vyver (28), bewys dat die polisie hom wel kwaadwillig weens haar moord vervolg het.

Bartholomew het getuig dat Van der Vyver met Lotz se moord verbind kan word deur ’n skoenafdruk in haar badkamer.

Familie en vriende van Van der Vyver het Maandag saggies in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin hande klap kort nadat Veldhuizen beslis het dat Van der Vyver se eis teen die minister van polisie geslaag het.

Van der Vyver dagvaar die minister vir sowat R46 miljoen, omdat hy beweer dat hy kwaadwillig deur die polisie vervolg is.

Veldhuizen het gister slegs oor die meriete van die saak beslis. Hy het ook bevind dat die polisie verantwoordelik is vir die skade wat uit Van der Vyver se vervolging gespruit het.

Die partye sal in ’n latere stadium – waarskynlik volgende jaar – na die hof moet terugkeer om te beslis op hoeveel geld Van der Vyver geregtig is.

Hy is in November 2007 deur regter Deon van Zyl vrygespreek van Lotz se moord. Haar lyk is op 16 Maart 2005 in haar woonstel in Klein Welgevonden, Stellenbosch, gevind.

Van der Vyver het ná Maandag se uitspraak gesê hy is dankbaar teenoor sy regspan. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie en het navrae na sy regspan verwys.

Sy pa, Louis, het gesê hulle is opgewonde oor die uitspraak. “Ons het nie iets anders verwag nie. Dit is ’n hoofstuk wat ons nou kan afsluit.”

Adv. Dup de Bruyn, SC, en Gary Pienaar, SC, vir Van der Vyver, het gesê hulle is in ekstase oor die uitspraak. “Ons is ongelooflik dankbaar dat daar ná ses jaar se baklei in ons guns beslis is.”

Adv. Kosie Olivier, SC, vir die staat, het gesê hulle gaan die uitspraak bestudeer voordat hulle enige besluit oor appèl neem.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: inge lotz  |  fred van der vyver  |  moorde  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.