Fratsongeluk eis jong brandbestryder

2011-03-21 08:59
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - ’n Brandweerman is in die Overstrandgebied dood nadat ’n brandweerwa waaronder hy gelê en slaap het, oor hom gery het.

Ao. Martin Mostert, woordvoerder van die Kleinmond-polisie, het gesê Harold Jacobs (20) van PS Litholestraat 16, Kleinmond, is gisteroggend omstreeks 06:30 in die fratsongeluk dood.

Jacobs het na bewering voor die voorwiel van die voertuig gelê en slaap. Die span wat deurnag aan diens was, het gerus.

Die bestuurder het die brandweervoertuig aangeskakel en weggetrek met twee passasiers in die kajuit en een persoon wat agterop geklim het.

“Hy het gevoel hy ry oor iets en hy het onmiddellik gestop.

“Toe kry hulle die brandbestryder onder die voertuig,” volgens Mostert.

Jacobs was permanent in die diens van die Overstrand-munisipaliteit as ’n brandweerman.

Mostert het gesê die munisipaliteit het onmiddellik berading beskikbaar gestel aan al die betrokke noodwerkers.

’n Dossier van strafbare manslag is aangelê. Die bestuurder, ook ’n brandweerman, se naam kan nie bekend gemaak word voordat hy na verwagting Dinsdag in die Caledon-landdroshof verskyn het nie.

Hy is volgens Mostert erg getraumatiseer.

Mnr. Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsbewaring en ontwikkelingsbeplanning, wat die gebied Saterdag besoek het, het gister sy medelye oorgedra aan die gesin en naasbestaandes van die brandweerman wat in die ongeluk gesterf het.

)Die vier lede van Werk met Water wat sedert Donderdagmiddag in die brandeenheid van die Tygerberg-hospitaal behandel word, is almal in ’n bevredigende en stabiele toestand. Al vier is steeds in die intensiewe-sorgeenheid van die brandwondafdeling. Volgens me. Laeticia Pienaar, hospitaalwoordvoerder, het die vier pasiënte die ergste wonde aan hul arms, hande, bene en gesigte opgedoen.

Mnr. Rodrick October (48) van Grabouw het derdegraadse brandwonde opgedoen, terwyl sy seun, Ruan October (25), en nog twee ander mans, onderskeidelik 42 en 48 jaar oud, minder ernstige brandwonde opgedoen het.

Die mans was volgens me. Adel Supra, waarnemende brand­weerhoof van die Overberg-distriksmunisipaliteit, Donderdag omstreeks 16:00 op die plaas Monteiph aan Houwhoek se kant van Grabouw vasgekeer deur die brand. Hulle was besig met skoonmaakwerk op die berg toe hulle deur die vlamme oorval is.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: sterftes  |  fratsongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.