Frats-haelstorms slaan honde, katte, hoenders dood
2010-10-25 14:09
Johannesburg – Groot haelstorms in Limpopo het Sondag huise beskadig en die lewe van kleinvee geëis, het die sentrum vir rampbestuur gesê.
“Ons het verskeie oproepe van mense ontvang wat sê dat hul huise beskadig is en dat kleinvee soos hoenders dood is. ‘n Paar katte en honde is ook dood in Sondagaand se storm,” het die sentrum se woordvoerder Clayson Monyela Maandag gesê.
Tzaneen, Tubatse (Burgersfort) en Polokwane is deur die storm geraak.
Die sentrum het mense in die provinsie gewaarsku om op hul hoede te wees vir uiterste weerstoestande, insluitende bogemiddelde reënval en nog haelstorms.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA