'Franse vlugpaar hét selfmoord gepleeg'
2011-02-07 09:59
Kaapstad – Die Franse paartjie, Philippe Meniére en Agnes Jardel, wat glo 'n polisieman doodgeskiet en nog een gewond het, hét selfmoord gepleeg, het The Star Maandag berig.
"Hulle het selfmoord gepleeg. Toe die polisie hulle nader, het hulle hulself geskiet," het maj. genl. Liziwe Ntshinga gesê.
Meniére (60) en Jardel (55) was ses dae lank op vlug nadat hulle glo konst. Jacob Boleme by die plaashuis, naby Sutherland waar hulle gewoon het, doodgeskiet het.
Die eienaar van die plaas het die polisie gebel om die huis waarin die paartjie gewoon het vir wapens te deursoek.
Talle vuurwapens en rondes ammunisie is by die lyke gevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA