Franschhoek-moordverdagte uit op borgtog
2010-07-21 15:34
Kaapstad - Johan du Toit, die Franschhoekse man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou vermoor het, is Woensdag borgtog toegestaan.
Du Toit het in die landdroshof in die Paarl verskyn na sy vrou se dood op die gewilde Dieu Donné-wynplaas.
Die 26-jarige verdagte is slegs 24 uur na sy vrou, Chanel du Toit (28), se gedenkdiens in hegtenis geneem.
Hy word daarvan verdink dat hy sy vrou verwurg het.
Du Toit het R6000 borgtog ontvang. Hy moet ook twee maal ‘n week by die Franschhoek-polisiestasie aanmeld, het Eyewitness News berig.
Die saak sal weer op 22 September voorkom.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.