Fortuin se politiek pla rugbyunie

2011-01-22 11:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

George - ’n Storm het losgebars oor die besluit van Bevin Fortuin, voormalige Springbok- en SWD-Arende-rugbyspeler, om die politiek te betree.

Die SWD-rugbyunie het hom Vrydag (gister) van Fortuin se besluit gedistansieer.

Fortuin het Woensdag aangekondig dat hy by die DA aansluit en later vanjaar as kandidaat in die munisipale verkiesing beskikbaar is.

'n Verklaring deur Hennie Baartman, president van die unie, lui onder meer dat die unie kennis geneem het van Fortuin se besluit. “Die unie is ’n apolitiese organisasie wat geen politieke party aanhang nie. Hy be­ywer hom vir die daarstelling van ’n verenigde rugbyunie.”

SWD-rugby erken elke persoon se reg tot vrye assosiasie, maar in die konteks van die bou van ’n verenigde unie kan hy hom nie met Fortuin se optrede vereenselwig nie.

Volgens Baartman is Fortuin nie ’n werknemer van die unie nie en dus nie meer kaptein van die SWD-Arende nie.

Baartman het gesê hy het baie hoë agting vir Fortuin en glo hy sal ’n aanwins vir die politiek wees. “Die unie bedryf rugby en nie politiek nie. Ons spelers is deel van ’n beroepsopset. Ons is nie ’n semi-professionele bedryf waar mense ander beroepe kan beoefen nie.”

Volgens Baartman het die unie onlangs nuwe kontrakte aan Fortuin en ander aangebied. Die spertyd vir die antwoorde daarop was Woensdagmiddag. Fortuin het nie gereageer nie.

Die unie se bestuur vergader vandag en daar sal besin word of kontrakte weer aan Fortuin en die ander spelers gebied sal word. ’n Verbaasde Fortuin het gesê hy vind die tydsberekening van die verklaring vreemd en bygevoeg die Grondwet skryf nie voor met wie iemand mag assosieer nie. “Ek mag stem vir wie ek wil.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.