Forensiese konsultant wil Selebi self na tronk neem

2011-12-04 08:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Hy sal Jackie Selebi, gewese polisiekommissaris en Interpol-president, persoonlik in ’n kruiwa na die gevangenis stoot.

Dit was Saterdag die woorde van Paul O’Sullivan, die forensiese konsultant wat Selebi se korrupte verhouding met die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti aan die groot klok gehang het.

“Dit was Vrydag presies tien jaar nadat hy my uit die polisie geskop en ek met my ondersoek teen hom begin het,” sê O’Sullivan.

Selebi se aansoek teen sy skuldigbevinding op aanklag van korrupsie is Vrydag in die appèlhof verwerp.

Hy het by die aanhoor van die nuus in sy huis in Waterkloof, Pretoria, ineengestort.

O’Sullivan sê: “Suid-Afrika se toekoms is beslis rooskleuriger sonder hom, want in die nege jaar wat hy polisiehoof was, is 150 000 Suid-Afrikaners vermoor, 500 000 verkrag en 2 miljoen beroof.

“Terwyl dit gebeur het, het hy met die Johannesburgse én internasionale mafias skouer geskuur.

“Dié man het die land amper tot op sy knieë gedwing.”

Intussen sê prof. Pierre de Vos, ’n grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, Selebi het geen gronde om hom tot die konstitusionele hof te wend en teen sy 15 jaar tronkstraf te appelleer nie.

“Behalwe as die konstitusionele hof bereid is om argumente van Selebi se regspan aan te hoor dat hy nie ’n regverdige verhoor gehad het nie, is dit die einde van die (regs-)pad vir Selebi.

“Dié argument is egter uitdruklik deur die verhoorhof verwerp én die appèlhof het geweier om enigiets daaroor aan te hoor.”

Sonwabo Mbananga, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Saterdag gesê die hofbevel oor Selebi is duidelik.

Hy het 48 uur gehad om hom by die naaste korrektiewe sentrum vir gevangenisstraf aan te meld en dié tyd verstryk môre.

Wynanda Coetzee, Selebi se prokureur, sê weens hul kliënt se siektetoestand was daar nog nie ’n geleentheid om met hom oor ’n moontlike appèl na die konstitusionele hof te praat nie.

“Hy is sedert Vrydag in ’n stabiele toestand in die Jakaranda-hospitaal in Pretoria. As hy teen Maandagoggend steeds siek is, sal hy in ’n ambulans na die naaste gevangenis geneem word.  As hy appelleer, moet hy weer om borgtog aansoek doen,” sê Coetzee.

Op ’n vraag oor wat Selebi makeer, sê Coetzee: “Sy mediese toestand kom al ’n hele ruk aan, maar die skok van Vrydag was ’n finale slag vir hom.”

Vyf appèlregters, onder leiding van regter Kenneth Mthiyane, het Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein eenparig in hul uitspraak van 59 bladsye bevind daar is geen twyfel nie dat die staat bo redelike twyfel bewys het die gewese polisiehoof het op vier geleenthede geld van Agliotti in ruil vir polisie-intelligensie ontvang.

Intussen het die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling Vrydag gesê Selebi moet nou sowat R15 miljoen aan regskoste aan dié departement terugbetaal, berig Sapa.

Tlali Tlali, dié departement se woordvoerder, sê die gewone skuldinvorderingstappe sal gedoen word as Selebi nie die regskoste, wat hy belowe het om terug te betaal as hy die saak sou verloor, kan terugbetaal nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Mens kan dit amper nie glo nie--dink hierdie varkies ons gaan nooit iets daaraan doen nie? Ek is lankal lus om iemand te piets. As jy ook lus is om iemand hard te piets, klik op die thumbs up hieronder. As daar meer as 50 is, sal ek 'n openbare vergadering reel sodat ons wat saamdink, kan saamkom, om saam te doen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.