Florida-man volgende jaar verhoor
2011-11-23 19:55
Johannesburg – Die verhoor van 'n man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n 18-jarige meisie buite 'n skool in Florida wou ontvoer, se verhoor begin in Februarie in die Roodepoort-landdroshof.
Landdros Delize Smith het Woensdag aan Mohammed Adams (21) gesê 20 en 21 Februarie is opsygesit vir sy verhoor.
Sy het beslis dat hy tot dan in aanhouding bly.
Adams is in hegtenis geneem in verband met 'n poging om 'n gr.10-leerder buite Hoërskool Die Burger, wes van Johannesburg, te ontvoer. Die voorval het op 19 Oktober plaasgevind.
Dié hoërskool is dieselfde een waar die 16-jarige Louise de Waal op 12 Oktober ontvoer is. Haar verbrande lyk is dieselfde dag op 'n plaas in Magaliesburg gevind.
Adams is op 15 November borgtog geweier.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA