Finansies kwel munisipaliteite – tesourie
2012-01-15 16:54
Johannesburg – Swak finansiële bestuur onder munisipaliteite het breekpunt bereik, het die Sunday Times berig.
Volgens die jongste syfers wat deur die nasionale tesourie bekend gemaak is, is 66 van die land se 278 munisipaliteite in finansiële verknorsings, terwyl 37 munisipaliteite in dieselfde rigting afstuur.
Simptome van swak finansiële bestuur sluit in kader-ontplooiing, kritieke poste wat nie gevul word nie, politieke inmenging en swak invordering van inkomste.
Sommige munisipaliteite het gesukkel om werknemers en kontrakteurs te betaal, wat kan veroorsaak dat dienste nie gelewer word nie. Dit het 'n ook 'n omgewing geskep waarin korrupsie kan floreer.
'n Groot aantal munisipaliteite het onderbestee op kapitaalitems en toelae en daar is 'n neiging om die besteding op die instandhouding van infrastruktuur te verminder.
Teen die einde van die finansiële jaar verlede Junie, het 20 munisipaliteite aangemeld se finale kontantposisies die vereistes van van een maand se bedryfsuitgawes oorskry.
Vyftig munisipaliteite het versuim om hul finale kontantposisies aan te dui.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA