Fiksheidstoetse opgeskort ná sewe sterf
2012-12-30 07:47
Johannesburg – Willies Mchunu, LUR van vervoer
in KwaZulu-Natal, het alle toetse vir die indiensneming van verkeersbeamptes
opgeskort nadat sewe mense dood is, het SABC-nuus Sondag berig.
Mchunu het Saterdag in ‘n verklaring gesê hy
sal die voorval ondersoek waarin “hordes” mense wat probeer het om ‘n werk by
die padverkeersinspektoraat te kry ineengestort het tydens ‘n fiksheidstoets.
“Meer as 34 000 aansoekers het vir die 90
poste wat geadverteer is aansoek gedoen,” het Mchunu in ‘n verklaring gesê.
Hy het bygevoeg dat 15 600 aansoekers
Donderdag deelgeneem het aan ‘n fiksheidstoets by die Harry Gwala Stadion en ‘n
soortgelyke getal mense het Vrydag die fiksheidstoets gedoen.
“Groot getalle van die aansoekers kon nie die
warm weerstoestande hanteer nie en het ineengestort.”
Verskeie mense is ook na hospitale geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA