Fietsryer bly hy leef

2011-07-21 08:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Jong Bloemfonteinse atleet is dankbaar hy leef nog nadat ’n motor hom glo doelbewus van sy fiets gestamp het.

Berndt Burger (23) ’n driekamp-atleet wat Suid-Afrika al verskeie keer oorsee verteenwoordig het, sê hy is geskok oor wat met hom gebeur het en dit is ’n wonderwerk dat hy so lig daarvan afgekom het.

Burger het Saterdag omstreeks 15:30 op sy fiets in Nelson Mandelarylaan, naby John Williams-motors in Langenhovenpark, geoefen toe ’n maroen Mercedes-Benz hom van sy fiets gestamp het.

“Die motor het uit die ander baan gekom en my, terwyl ek binne die geel streep gery het, gestamp.”

Burger sê hy het deur die lug getrek en op sy kop te lande gekom. Sy nek het “ontsaglik gepyn”.

Die bestuurder van die Mercedes het weggejaag.

Burger het ligte beserings opgedoen, onder meer ’n geskeurde skouerligament.

“My lies is erg geswel en die dokter sal eers kan vasstel of daar iets fout is wanneer die swelsel sak.”

Burger het ook skraapplekke opgedoen.

Hy sê dis ’n wonderwerk dat hy leef en nie ernstiger beseer is nie.

“Ek oefen juis op daardie pad omdat daar borde is wat motoriste maan om bedag te wees op fietsryers.”

Burger het onlangs ’n skoueroperasie gehad en kon lank nie oefen nie.

“Om oorsee te kan deelneem, moet jy goeie tye aanteken om te kwalifiseer. As ek nou so beseer is dat ek nie kan oefen en teen Februarie goeie tye aangeteken het nie, sal ek nie oorsee kan gaan deelneem nie.”

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.