Fietsryer sterf in ongeluk
2011-12-08 16:27
Kaapstad – 'n Fietsryer (40) is dood nadat hy op die R102 naby Firgrove in Kaapstad deur 'n motor getref is, het paramedici gesê.
Die man is op die toneel dood, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Geen verdere besonderhede is bekend nie.
"Paramedici kon aan die skade op die Opel Corsa sien die ongeluk was ernstig," het Visser gesê.
Die bestuurder van die motor is vir skok behandel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA