Fietsryer sterf in Knysnabos
2011-10-16 16:59
Knysna – 'n Fietsryer is dood nadat sy in Gouna, diep in die Knysnabos, inmekaar gesak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Die 48-jarige vrou het vermoedelik aan 'n hartaanval gesterf, het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.
Paramedici kon haar nie bybring nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA