Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Fietsryer se dood skok wyd

2011-01-20 07:15
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Hy kan die bestuurder van die vragmotor wat sy dogter doodgery het, nie vir die ongeluk blameer nie, en hy sal dit graag vir hom wou sê.

Só het Deon Swart, pa van Carla Swart, Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryer, Woensdag uit Amerika gesê nadat sy dogter Woensdag op die Marquard-pad in die Vrystaat in ’n tragiese sameloop van omstandighede gesterf het.

“Uit die inligting wat aan my bekend is, wil dit voorkom asof die bestuurder alles in sy vermoë gedoen het om die ongeluk te probeer vermy,” het ’n bewoë Swart uit Atlanta gesê.

“Ek dink Carla kon dalk ’n oordeelsfout begaan het omdat sy meer gewoond is aan die Amerikaanse paaie waar die motors aan die regterkant ry.”

Die ongeluk het gebeur terwyl Carla tydtoets-oefeninge gedoen het.

Barry Austin, Fietsry Suid-Afrika se spanbestuurder, sê hy het gesien haar fietsrekenaar val af. “Ek het dadelik my motor gestop om dit te gaan optel. Toe ek uitklim, het ’n vragmotor verby my gejaag.

“Carla het in die ry oor haar linkerskouer omgekyk. Toe sy sien ek het reeds gestop, het sy na regs uitgeswaai en reg voor die aankomende vragmotor beland.

“Ek kon sien hoe die bestuurder van die vragmotor erg rem trap. Hy het selfs na regs uitgeswaai in ’n poging om Carla nie raak te ry nie, maar dit was vergeefs.”

Austin sê toe hy by Swart kom, het sy steeds asemgehaal, maar sy was vol bloed. Austin het met haar na die hospitaal gejaag.

“Toe ek daar kom, het die dokter gesê sy is reeds dood.”

Deon Swart kon nie sy trane terughou terwyl hy oor sy dogter se passie vir fietsry praat nie.

Hy sê sy vir fietsry gelewe. So groot was haar passie vir fietsry dat sy selfs haar verlowing verbreek het om al haar aandag aan fietsry te kan bestee.

Swart se dood is as ’n swart dag vir Suid-Afrikaanse en selfs internasionale fietsry bestempel.

Sy sou feitlik vir seker Suid-Afrika aanstaande jaar op die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig het. Kenners het voorspel sy sou ’n medalje vir Suid-Afrika kon wen. Sy het verlede jaar verskeie eerstes in Suid-Afrikaanse fietsry opgelewer. Op die Wêreld-padbyeenkoms in Australië was sy tiende en op die Statebondspele het sy agtste geëindig. Sy het ook ’n tiende plek in ’n Wêreldbeker-ren losgejaag.

Sy sou vanjaar vir die Amerikaanse HTC High Road-span, die voorste vroue-span in die wêreld, gery het.

Huldeblyke van oor die wêreld heen het Woensdag op Facebook ingestroom.

Benewens haar pa word Swart oorleef daar haar ma, Karin, en suster, Lelanie, wat almal in die VSA is.

- Volksblad

Lees meer oor: carla swart  |  sterftes  |  ongelukke
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jurie Vermeulen sê... Het julle gesien teen watter spoed die man gery het, dit is verskriklik. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Weltevreden Park - 10:54 AM
    Road name: Hendrik Potgieter Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Weltevreden Park
  • Saturday Pretoria - 10:28 AM
    Road name: Madiba Street
    ROAD CLOSED for roadworks from Lilian Ngoyi Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.