Fietsryer (65) dood ná bus hom tref
2011-11-09 12:10
Bloemfontein – 'n Man (65) is dood nadat hy van sy fiets afgeval en in Oranjesig, Bloemfontein, deur 'n bus getref is, het paramedici Woensdag gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man in die pad gevind, met sy fiets wat bo-op hom gelê het.
Die man was glo op pad werk toe en het op die sypaadjie gery toe hy gegly en in die pad geval het. Hy het opgestaan en is toe deur 'n bus getref.
Jackson het gesê die fietsryer het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die busbestuurder is vir skok behandel en ontvang traumaberading.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA