Fetus in sak gevind
2010-09-23 04:30
Johannesburg – Twee seuns van Orange Farm het Woensdag op ‘n fetus afgekom wat in twee plastieksakke toegedraai was, het die polisie in Johannesburg gesê.
“Die seuns het buite gespeel toe hulle iets vreemd opgemerk het,” het kapt. Johannes Motsiri, polisiewoordvoerder, gesê.
Die kinders het hul ouers gaan roep en die polisie is ontbied.
Volgens Motsiri is die fetus langs ‘n fabriek in Uitbreiding Een gevind.
Geen verdagte is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA