Fetus in matriekleerder se tas gevind
2010-11-04 21:59
Durban – 'n 16-jarige matriekleerder van eNanda het glo haar baba aborteer en die fetus in haar skooltas weggesteek, het die polisie in Durban Donderdag gesê.
"'n Saak van verberging van geboorte is geopen. Die meisie ontvang mediese sorg en is nog nie in hegtenis geneem nie," het lt.kol. Vincent Mdunge gesê.
Die matriekleerder het Woensdag na die Esivananda-kliniek in eNanda gegaan en die verpleegsters om hulp gevra omdat sy 'n miskraam gehad het.
"Toe die verpleegsters die meisie ondersoek het hulle vasgestel dat sy aanvanklik probeer het om die kind te aborteer."
Die verpleegsters het die meisie gevra wat met die fetus gebeur het. Sy het toe die fetus uit haar tas gehaal.
Die polisie is onmiddellik na die kliniek ontbied.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA