Fetus in emmer gevind
2010-09-01 05:24
Oos-Kaap - 'n Fetus is in 'n emmer in 'n openbare toilet buite 'n drankwinkel gevind, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
"Dit was nog so klein dat die geslag nie vasgestel kon word nie," het kapt. Lingisile Magama gesê.
Die bestuur het die polisie gebel ná 'n vrou wat die toilet wou gebruik, op die fetus afgekom het.
"Die ondersoek sal nie maklik wees nie, omdat dit 'n openbare toilet is," het Magama gesê.
Die polisie hoop dat die gemeenskap met die ondersoek sal help en hulle sal laat weet wie dalk swanger was.
- SAPA