Fetus heeltyd in broodsakkie by ma

2009-12-12 07:38
Tweets Share Share line Print

 Antoinette Pienaar

Johannesburg - Met haar dooie fetus in ’n broodsakkie op haar skoot het ’n Pretoriase vrou ná ’n miskraam glo etlike ure lank in haglike omstandighede in ’n staatshospitaal op mediese hulp gewag.

Die 25-jarige vrou beweer sy is by die Kalafong-hospitaal se ongevalle-eenheid aangesê om die fetus in ’n asblik by die eenheid se uitgang te gooi.

“Dit was dieselfde drom waar mense hul Coke-blikkies weggegooi en my man vroeër die dag sy take-away-papiere gesmyt het,” het sy gister vertel.

Die vrou, wat gevra het om anoniem te bly, het vertel sy het op 22 November begin bloei toe sy tussen 16 en 20 weke swanger was.

“Ons is na Kalafong se ongevalle waar ek vier tot vyf uur moes wag om ’n dokter te sien.

“Hulle het gesê ek kry ’n miskraam, maar my met Panado’s huis toe gestuur.”

Die vrou het na bewering so gebloei dat sy telkens terug is na die hospitaal, net om glo keer op keer met Panado’s weggestuur te word.

“Op 1 Desember het my baba by die huis uitgekom. Dit was al besig om te ontbind en ek het dit in ’n broodsakkie saamgevat hospitaal toe.”

Volgens die egpaar het sy ure lank in ’n bebloede rystoel gesit en wag.

“Dit (bloed) was oral op die vloere, mure en het by die rolstoel afgeloop. Daar was ook ou droë bloed op die rolstoel. Die suster het gesê my vrou, wat erg gebloei het, moet haar beurt afwag,” het die man vertel.

Die egpaar het gesê selfs die toilet was haglik vuil. Daar is glo net een, sonder ’n sitplek en met ’n gordyn voor, vir mans en vroue.

“Dit het gelyk of iemand die gordyn vir toiletpapier gebruik het en die plek was besmeer.”

Volgens die vrou het ’n dokter ’n skandering gedoen en gesê sy kon huis toe gaan.

Die fetus was glo deurentyd by haar in die broodsakkie.

“Toe hulle die drup ingesit het, was die fetus op die bed langs my en toe ek buite gaan rook het, was dit op my skoot.

“Teen daardie tyd het die bloed reeds by die sakkie begin uitlek.

“Die dokter het gesê ek moet dit vir iemand by ongevalle gee om weg te maak.

“Ek het ’n suster agter die toonbank gevra wat ek met die fetus moet maak. Sy het gesê ek kan dit weggooi in die asblik op pad uit.

“Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek kon nie daarmee by die hek uit nie, toe gooi ek dit maar weg in ’n drom met ’n swartsak in wat buite die deur van ongevalle gestaan het.”

Die vrou kry sedert die voorval berading om die voorval te verwerk.

Kenners op die gebied van mediese afvalverwydering het gister aan Beeld gesê fetusse jonger as 24 weke of wat minder as 500?g weeg, word beskou as anatomiese afval wat veronderstel is om apart van ander afval verbrand te word.

Die protokol vereis dat anatomiese afval in ’n rooi sak in ’n spesiale rooi gemerkte emmer (Speci-bin) verseël word.

Die hospitaal en die Gautengse departement van gesondheid het nie teen druktyd gereageer nie.

- Beeld

Lees meer oor: kan jy glo  |  hospitaal

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

elkita.robbertse sê... Die beloftes het begin.Beloftes wat leeg is van enige waarheid.Geen skaamte..Die anc hget geen einde wat korrupsie aan betref nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.