Feestyd eis 1 232 op SA se paaie

2012-01-04 07:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Volgens voorlopige syfers van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) is effens minder mense in Desember in padongelukke dood as in dieselfde tydperk die afgelope twee jaar.

Die RTMC het in ’n verklaring gesê 1 232 mense is verlede maand in 1 027 motorongelukke op Suid-Afrikaanse paaie dood.

Dié syfer sal gewysig word wanneer die RTMC alle data oor noodlottige padongelukke van al die provinsies ontvang het.

Altesaam 1 358 mense is gedurende Desember 2010 op die land se paaie dood en 1 549 oor dieselfde tyd in 2009.

Volgens Gary Ronald, woordvoerder van die Automobiel Assosiasie, sal dit nog ’n maand neem voordat die finale aantal padsterftes bekend sal wees. Hy meen die finale syfer sal naby aan verlede jaar s’n wees.

“Al is die syfer uiteindelik laer as verlede jaar, is dit nie rede om fees te vier nie. Ons moet ’n noemenswaardige daling in die aantal sterftes sien.”

Hy meen dit is slegs ’n sukses as minstens 1 000 mense minder oor Desember sterf.

Volgens hom kan die aantal padsterftes toegeskryf word aan die feit dat daar nie genoeg gedoen is om dit te vermy nie.

“Daar is strategieë om padsterftes in bedwang te bring, maar daar is nie konkrete planne om die strategieë van stapel te stuur nie.

“Wetgewing is nie genoeg nie. Opvoeding is die sleutel.”

Luidens die RTMC se verklaring het die metropolisie in die laaste week van Desember 179 131 voertuie afgetrek en 373 motoriste in hegtenis geneem.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: padveiligheid  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.