Feesgangers gewaarsku wat 'kinders alleen los'
2012-12-21 13:01
Kaapstad – Ouers wat nie na hul kinders op oorvol strande tydens die feesgety omsien nie, kan van kinderverwaarlosing aangekla word.
Die eThekwini-munisipaliteit in Durban het dié waarskuwing uitgereik.
Christo Swart, voorsitter van die munisipale komitee vir
kinderveiligheid oor die feesseisoen, het gesê dit is tyd
dat die wet streng toegepas word.
“Die munisipaliteit tree verantwoordelik op en ons wil hê ouers moet
ook verantwoordelik wees,” het Swart gesê.
In die verlede was daar
gevalle waar kinders verskeie dae in ? plek van veiligheid aangehou moes
word voor hul ouers hulle gaan haal het, en dit is vir die kinders baie
traumaties.
Volgens Swart gebeur dit gereeld dat ouers eers teen sononder na hul
kinders begin soek. “Ons sal ouers waarsku, en as hulle nie luister nie,
sal hulle vervolg word,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.