Families twis oor dwelmgemors

2011-12-18 09:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee Oos-Kaapse families beskuldig mekaar oor en weer oor wie ­verantwoordelik is vir die dwelm-gemors waarin hul dogters is.

Nolubabalo (Babsie) Nobanda (23) is in ’n Thaise tronk nadat sy Maandag op Bangkok se Suvarnabhumi-lughawe gearresteer is oor 1,5 kg se kokaïen in haar haarlokke.

Die geraamde waarde is R1,2 miljoen.

Haar vriendin, Sulezi Rwanqa, is intussen in Thailand gestrand en desperaat om uit te kom.

Albei is van Grahamstad en ken mekaar volgens hul families net ’n paar maande lank. Al het hulle saam gereis, is Rwanqa (25) nie gearresteer nie. Dit is onduidelik of sy ook dwelms na Thailand gesmokkel het.

Honjiswa Mbewu, Nobanda se ma, sê die vroue was op ’n kort vakansie en sou hierdie naweek terugkeer.

Rwanqa se ouer suster was onder die indruk dit was ’n werkreis.

Die familie het egter vroeër gesê hulle het gedink die twee was met vakansie in Port Elizabeth.

Die Rwanqas is ontevrede oor ’n stelling deur Mbewu dat Sulezi die probleme veroorsaak het.

“Babsie se ma het gesê haar dogter het geen rede gehad om hierdie dinge te doen nie omdat sy haar gereed gemaak het om by Rhodes of Fort Hare te gaan studeer en niks kortgekom het nie.

“Daar word nou gemaak asof my dogter, omdat ons arm is, die een is wat haar gedwing het om te doen wat sy gedoen het,” het Rwanqa se ma, Noskuta, gesê.

Asanda Gqeke, ’n vriendin van Nobanda, het vroeër gesê ­Nobanda het vir haar ’n bankbalans van R20 000 gewys ’n maand voordat sy oorsee vertrek het.

Mbewu het gesê die familie het nie geweet waar haar dogter na bewering die R20 000 vandaan gekry het nie en het dit oor die nuus gehoor.

Noskuta Rwanqa is baie bekommerd omdat haar dogter alleen in ’n vreemde land is en het gesê sy wil haar aanmoedig om die Suid-Afrikaanse ambassade in Thailand op te spoor.

Haar dogter het tydens ’n oproep van ’n betaaltelefoon af gesê haar geld raak op.

Intussen het die familie van Janice Linden (36) nog nie haar as gekry nie, berig Sphumelele Mngoma.

Sy is Maandag in China tereggestel.

Die Suid-Afrikaanse regering het ook nog nie met hulle gekommunikeer nie.

“Wat ons weet, is wat ons in die media lees en hoor. Ons weet nie eens wanneer my suster se as in Suid-Afrika gaan aankom nie,” sê Linden se suster, me. Nomvuyo Mthalane.

Linden is in 2008 op ’n Chinese lughawe met 3kg se dwelms gearresteer.

Sy het volgehou sy is onskuldig.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.